Ons weet wat ons weet: Wat gebeur op stemdag?
Suid-Afrikaners is weer op pad stembus toe hierdie maand. Vir die jongelinge is dit net ‘n dag waarop hul nie hoef skool toe te gaan nie. Weet hulle wat gebeur op stemdag?
Weet LS Eligwa in Vanderbijlpark se senior primêre fase wat gebeur 29 Mei?
Thomas Floor Hulle kies ʼn nuwe president van Suid-Afrika. Hulle kyk watter groep het die meeste votes en die baas van die groep is dan die president.

Anésha Fourie
Hulle kies leiers vir die regering. Ek sou graag wou stem.

Anzél Potgieter
Die mense stem. Ek weet nie regtig van daai goed nie. Ek is nou eers in graad 4.

Christiaan Ebersöhn
Dis vir mense 18 en ouer. Hulle kies mense wat die land regeer. Ek sou wou stem.

Marco du Plessis
Jy stem vir ʼn demokratiese regering. Ek wil nie nou al stem nie eers op as ek 18 is.

Zioné van Rensburg
Op stemdag is daar verskillende keuses. Die meeste mense stem vir die beste verkiesingsleier. Daar is te veel bakleiery oor die beste is.

