News

KYK: Kaskar-kaskenades by LS Risiville

Daar was groot pret by Laerskool Risiville se kaskardag.

VEREENIGING. – Die Laerskool Risiville is in 1964 gestig en vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar.

Om dié mylpaal te vier het die skool van 17 – 19 Mei feesvieringe by die skool gehou.

Een van die hoogtepunte was natuurlik die kaskar-kaskenades wat Saterdagoggend, 18 Mei op die skool se rugbyveld plaasgevind het.

*Nog foto’s in hierdie week se gedrukte weergawe van Vaalweekblad.

Wian Slabbert, Jayden Grundling, Damien Bruwer, Eliana Marais en Wian Burger by die kaskar-kaskenades by die Laerskool Risiville. Foto: Christiaan Cloete
Stoot julle ouens, stoot! Karmen Jonker, Amber Landman en Amoré Jacobs geniet hul gate uit tydens die kaskarresies. Foto: Christiaan Cloete
Daar was groot pret by Laerskool Risiville se kaskardag. Foto: Christiaan Cloete

 
Back to top button