News

Langasems spook dit uit by Dokkies

Die tweede byeenkoms van AVT se 2024-landloopliga het op Saterdag 18 Mei by die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton plaasgevind.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON. – Die landloopseisoen is nou in volle swang en die tweede byeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se 2024-landloopliga het die naweek naelbyt-landloopaksie by die Hoërskool Dr. Malan opgelewer.

Atlete wat gedink het dat die Hoërskool Dr. Malan se skoolterrein “plat” is, was in vir ‘n groot verrassing toe hulle met die drie bulte agter in die skoolterrein se suid-westelike hoek kennis gemaak het.

Die res van die roete was egter plat en vinnig.

Daar was by dié byeenkoms in Meyerton heelwat meer grasstroke as die klip- en grondagtige terrein wat atlete vroeër vandeesmaand by die eerste ligabyeenkoms by die Silver Oaks Montessori-skool in Heidelberg begroet het.

Die volgende ligabyeenkoms vind op 8 Junie by die George Thabe-stadion in Sharpeville plaas en word deur die Lekoa-atletiekklub aangebied.

Die res van die datums is as volg: 6 Julie Boswell Wilkie Circus (Meyerton Atletiekklub); 20 Julie: TBA (Future Champs AC): 3 Augustus: Laerskool Kollegepark (Nedbank AC) en 10 Augustus: TBA: AVT Champioenships (Dimathi).

Dian Becker van die 32Gi-atletiekklub in aksie tydens die landloopbyeenkoms by die HS Dr. Malan. Foto: Christiaan Cloete
Roelof van Wyk van Vaal Atletiek Klub in aksie tydens die 6km vir mans (60-64). Foto: Christiaan Cloete
Thinus Louw van HS Transvalia in aksie tydens die 6km vir seuns o.17. Foto: Christiaan Cloete
Ruandré Viviers neem deel aan die 6km vir seuns o.16. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button