Lian Roberts lei Laerskool Risiville se o.9-span op die veld. Foto: Christiaan Cloete
*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn.
VEREENIGING. – ‘n Begeesterde o.9-span van die Laerskool Risiville het die besoekende span van die Laerskool Vaalpark Donderdag, 16 Mei met 10-5 geklop.
Die tuisspan het teen die einde van die eerste helfte reeds met 5-0 voorgeloop en kon hul telling in die tweede helfte verdubbel.
Die besoekers het in die tweede helfte onder Risiville se pale gaan kuier en het darem nie met leë hande huis toe gegaan nie.
Die Laerskool Risville se o.9-span het die afgelope rugbyseisoen goed gevaar en het verlede week ook 22-0 in die halfeindstryd van die Sedibeng Super Valkeafdeling gewen.
Conroy van Rensburg lei Laerskool Vaalpark se o.9-span op die veld. Foto: Christiaan CloeteDegard van der Merwe van die Laerskool Midvaal en Liam Ross van die Laerskool Risiville rek albei vir die bal in die lynstaan. Foto: Christiaan CloeteVenique van der Walt, Jasmyn Pienaar, Mianique van der Westhuizen en Ashley Bellingan van die Laerskool Risiville het die gees gebring toe hulle die o.9-span langs die veld ondersteun het. Foto: Christiaan CloeteLian Roberts van Laerskool Risiville se o.9-span dryf vorentoe terwyl Shayne Weyers en Louise-Hendrick Botha van die Laerskool Vaalpark hom probeer plattrek. Foto: Christiaan CloeteMW van Aswegen (blou skrumpet), ‘n voorspeler van Laerskool Risiville se o.9-span, trek vir Caleb Nel van Laerskool Vaalpark plat. In die agtergrond is sy spanmaat, Owen Meyer (rooi skrumpet). Foto: Christiaan CloeteMnr. Marius Willemse, hoof van Laerskool Risiville, was daar om die spelers te ondersteun. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!