Local newsNews
Stemmery verloop seepglad in SW5
Kiesers was baie tevrede met die verloop van sake by die SW5-stemlokaal
VANDERBIJLPARK. – Die groot dag is hier om verandering in Suid-Afrika te bring. Net soos regoor die land het die Vaaldriehoekers ook met mag na die stembusse opgeruk om hulle kruisies te trek.
By die Laerskool DF Malherbe in SW5 het die dinge seepglad tydens Vaalweekblad se besoek verloop. Daar was kort na etenstyd en laatmiddag nie ‘n ry van ‘n dag oud nie.
“Dit was vinnig en pynloos,” het Rhyno Groenewald, een van die kiesers met ‘n breë glimlag gesê.
Volgens Elsa Boshoff, die voorsittende beampte van die stemlokaal, stem die mense al van vroegdag af, maar dat sake baie vlot verloop het.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
