NewsSport

Roelof hardloop Top 20-plek by Comrades los

Die atleet van die Vaaldriehoek het in sy ouderdomskategorie presteer.

*Die storie het eerste in die gedrukte uitgawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

VEREENIGING. – Roelof van Wyk, ‘n meestersatleet van die Vaal Atletiekklub, het Sondag, 9 Junie ‘n 20ste plek in sy ouderdomskategorie (mans 60- 69) by vanjaar se Comrades-ultramarathon losgehardloop.

Roelof, ‘n Comrades-veteraan wat bieg dat hy laas in die 1990’s so baie vir Comrades geoefen het, het vanjaar se wedloop in ‘n goeie tyd 8 uur, 29 minute en 13 sekondes voltooi en sy tweede Bill Rowan-medalje ingepalm.

Roelof spog ook met 2 silwermedaljes, 4 bronsmedaljes en 1 Robert Mtshali-medalje en ‘n persoonlike beste tyd van 6 uur, 40 minute en 3 sekondes (die op-wedloop van 1996).

Roelof van Wyk van die Vaal-Atletiekklub. Foto: Argieffoto

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button