NewsSport

Roelof hardloop Top 20-plek by Comrades los

Die atleet van die Vaaldriehoek het in sy ouderdomskategorie presteer.

*Die storie het eerste in die gedrukte uitgawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

VEREENIGING. – Roelof van Wyk, ‘n meestersatleet van die Vaal Atletiekklub, het Sondag, 9 Junie ‘n 20ste plek in sy ouderdomskategorie (mans 60- 69) by vanjaar se Comrades-ultramarathon losgehardloop.

Roelof, ‘n Comrades-veteraan wat bieg dat hy laas in die 1990’s so baie vir Comrades geoefen het, het vanjaar se wedloop in ‘n goeie tyd 8 uur, 29 minute en 13 sekondes voltooi en sy tweede Bill Rowan-medalje ingepalm.

Roelof spog ook met 2 silwermedaljes, 4 bronsmedaljes en 1 Robert Mtshali-medalje en ‘n persoonlike beste tyd van 6 uur, 40 minute en 3 sekondes (die op-wedloop van 1996).

Roelof van Wyk van die Vaal-Atletiekklub. Foto: Argieffoto

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button