
MEYERTON. – Meyerton Fighting Systems onder leiding van Sensei David Kies, het vanjaar altesaam 15 Suid-Afrikaanse kampioene by die nasionale skopbokskampioenskap in Potchefstroom opgelewer.
Die Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging (SAKA) se nasionale kampioenskap het tussen 25 en 28 April in Potchefstroom plaasgevind.
Meyerton Fighting Systems het ‘n totaal van 19 goud, 7 silwer en 4 bronsmedaljes by die kampioenskap ingepalm.
Die 6-jarige Alesea Robbertse, wat op 4-jarige ouderdom met skopboks begin het, was een van die grootste sterre van die toernooi.
Sy het alleen vier goue medaljes by die kampioenskap ingepalm.
Indien jy dit gemis het, lees haar storie hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.