Die aflos is gehou om geld vir liefdadigheid, maar ook vir sportspanne in te samel. Foto: Christiaan Cloete
MEYERTON. – Dokkies se landloop- en wintersportspanne het aan die einde van die vorige skoolkwartaal hande gevat om fondse in te samel vir liefdadigheid, asook hul onderskeie sporsoorte.
Die sportspanne het tydens die fonsinsamelingsaflos wat op 13 Junie gehou is, as aflosspanne deelgeneem.
Mnr. Tiaan Basson het tussen 06:00 en 18:00 meer as ‘n 100km gehardloop om geld vir die skool se voedingskema in te samel.
Die skool het almal wat deelgeneem het en al die borge wat gehelp het om ‘n bydrae te lewer bedank.
Mia Klinck en Diane Meyer neem deel aan die Hoërskool Dr. Malan se fondsinsamelingsaflos. Foto: Christiaan CloeteMnr. Tiaan Basson het meer as ‘n 100km gehardloop vir die skool se voedingskema. Foto: Christiaan CloeteCyanda Bekker en Carla van Schalkwyk het gehelp om geld vir hul hokkiespan in te samel. Foto: Christiaan CloeteLaitlyn van Wyk en Marionique Henning van die Hoërskool Dr. Malan se eerste netbalspan tydens die fondsinsamelingsaflos. Foto: Christiaan CloeteMaruzé Marais hardloop vir haar skool se hokkiespan. Foto: Christiaan CloeteViandre de Beer, ‘n leerder van Hoërskool Dr. Malan sein vir sy aflosmaats dat dit tyd is vir vars nuwe bene. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!