News

Dokkies samel geld in vir liefdadigheid, spanne

Hulle het gehardloop vir liefdadigheid en ook om geld vir hul spanne in te samel.

MEYERTON. – Dokkies se landloop- en wintersportspanne het aan die einde van die vorige skoolkwartaal hande gevat om fondse in te samel vir liefdadigheid, asook hul onderskeie sporsoorte.

Die sportspanne het tydens die fonsinsamelingsaflos wat op 13 Junie gehou is, as aflosspanne deelgeneem.

Mnr. Tiaan Basson het tussen 06:00 en 18:00 meer as ‘n 100km gehardloop om geld vir die skool se voedingskema in te samel.

Die skool het almal wat deelgeneem het en al die borge wat gehelp het om ‘n bydrae te lewer bedank.

Mia Klinck en Diane Meyer neem deel aan die Hoërskool Dr. Malan se fondsinsamelingsaflos. Foto: Christiaan Cloete
Mnr. Tiaan Basson het meer as ‘n 100km gehardloop vir die skool se voedingskema. Foto: Christiaan Cloete
Cyanda Bekker en Carla van Schalkwyk het gehelp om geld vir hul hokkiespan in te samel. Foto: Christiaan Cloete
Laitlyn van Wyk en Marionique Henning van die Hoërskool Dr. Malan se eerste netbalspan tydens die fondsinsamelingsaflos. Foto: Christiaan Cloete
Maruzé Marais hardloop vir haar skool se hokkiespan. Foto: Christiaan Cloete
Viandre de Beer, ‘n leerder van Hoërskool Dr. Malan sein vir sy aflosmaats dat dit tyd is vir vars nuwe bene. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button