News

Een van God se impakspelers nou tuis

James Kleinhans, ‘n bekende pastoor van die Vaaldriehoek, is op 3 Julie oorlede.

VANDERBIJLPARK. – Pastoor James Kleinhans was van 1997 tot 2009 die pastoor van die Pinkster Protestante Kerk (PPK)-Suid op die hoek van President Steyn en Johan Rissik in Vanderbijlpark.

Gedurende hierdie tyd het hy groot herlewingsdienste gehou waar siekes aangeraak is deur God en talle van hulle bekeer is.

Pastoor Kleinhans het boonop gehelp om PPK-Suid skuldvry te kry aangesien hy geglo het dat die kerk nie iemand iets moet skuld nie.

Verder het hy die gebou uitgebrei deur ‘n kerkgebou langsaan PPK-Suid te koop en dit te omskep in ‘n saal – wat later jare jongmense van die strate af gehou het met hulle jeugdienste op Vrydae-aande.

Pastoor Kleinhans het ‘n reuse impak op die kerkwêreld, sy gemeenskap, vriende en familie gehad.

Daar het nie ‘n dag verby gegaan waar hy nie vir sy kinders gebid het nie.

Die omslag vir die begrafnisboekie vir Pastoor James Kleinhans se begrafnis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button