NewsSport

Emmies wys Rippies wie’s baas

Die Laerskool Emfulenipark se krieketseisoen het op 'n wennoot afgeskop

VANDERBIJLPARK. – Die o.13-krieketspan van die Laerskool Emfulenipark het Dinsdag 23 Julie sy krieketseisoen met ‘n skittersege afgeskop.

Die Emmies se o.13’s het op sy tuisveld die Laerskool Republiek van Rothdene met 105 lopies geklop. Die tuisspan het eerste gekolf en danksy stewige bydraes deur Armand Locke (37), Ryan McPherson (28) en Khaleb (21) daarin geslaag om 182/7 in 25 beurte aan te teken. Vir die besoekers het Wian van Jaarsveld (2/26) en Jianco Oosthuizen (2/28) laat kantel.

Die Emmies het daarna danksy goeie boulwerk deur Ryan Wessels (3/16) en Dewyk Louw (2/14) die besoekers vir 77/10 uitgeboul.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button