*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (12 –18 Julie verskyn). Kry ons gedrukte koerant vir al die nuutste skolenuus.
MEYERTON. – Marionique Henning, ‘n talentvolle o.19-netbalspeler van die Hoërskool Dr. Malan, is na afloop van haar vertoning by die afgelope AVS-bokkieweek as speler van die toernooi en as kaptein van die nasionale span aangekondig.
Marionique en die nasionale span sal tussen 22 September en 1 Oktober na Thailand reis, waar hulle teen Thailand se nasionale netbalspan sal meeding.
Volgens Marionique se ma, Annetjie Henning, beloop die toerkoste sowat R32 500 per toerlid.
Mense wat bereid is om tot dié belowende jong netbalster se reiskostes by te dra kan vir Annetjie by 067 414 2943 skakel vir meer inligting.
Indien jy belangstel om geld te skenk kan jy dit in die AVS se rekening inbetaal of dit direk in Marionique se eie rekening inbetaal.
Die rekeningbesonderhede vir die AVS se rekening is as volg:
Rekeninghouer: Afrikaner Volkseie Sport
Bank: ABSA
Tjekrekeningnommer: 0800 155 746
Takkode: 632005
Verwysing: N19 (Naam & Van van die speler)
Die rekeningbesonderhede vir Marionique se rekening is as volg:
Rekeninghouer: Mej. Marionique Henning
Bank: Capitec
Rekeningnommer: 2231432656
Takkode: 470010
