News

Skool betreur gr. 11-leerder se skielike afsterwe

Sy is skielik oorlede.

MEYERTON. – Huldeblyke het Donderdag ingestroom vir Megan Wallace, ‘n gr. 11 -leerder van die Hoërskool Dr. Malan, na haar skielike afsterwe.

Vaalweekblad verneem Megan is in die Midvaal-privaathospitaal opgeneem met longonsteking.

Haar toestand het egter vinnig agteruitgegaan.

Woensdagaand is sy per helikopter na die Netcare Millpark-hospitaal in Johannesburg gevlieg vir noodbehandeling.

‘n Helikopter land Woensdagaand in die River Square-winkelsentrum se parkeerterrein om ‘n pasiënt by die Midvaal Privaathospitaal te haal.

Hoewel die hospitaalpersoneel alles in hul vermoë gedoen kon hulle nie haar lewe red nie.

Huldeblyke het Donderdag op die Hoërskool Dr. Malan se Facebookblad vir haar ingestroom.

“Megan, jou plekkie is leeg, jou fluit stil, maar jou nagedagtenis leef voort in elke Dokkie-hart. Ons betuig graag ons innige meegevoel met haar ouers, Robert en Tanya, en haar sussie Rochelle, familie, vriende en vriendinne,” het die skool in ‘n kort boodskap op hul Facebook-blad gesê.

“Mag ons Hemelse Vader elkeen wat seer het, vertroos met Sy liefde, genade en vrede.”

‘n Huldeblyk vir Megan Wallace wat op die Hoërskool Dr. Malan se Facebook-blad verskyn het.

Back to top button