Local newsNews
Twee vir die prys van een
Dit gebeur nie meer aldag dat jy regtig twee vir die prys van een kry nie.
VANDERBIJLPARK – Net nou die ander dag praat ek en Ma so oor eiers. Die koste daarvan en hoe vandag se ekstra groot eiers al te veel lyk soos die kleintjies van die verlede.
Vertel Ma vir my van die slag, baie jare gelede, wat sy en my pa so gelukkig was om 29 dubbeldore uit 30 eiers te kry.
Ek sê so ewe vir haar, “dis iets wat ek in jare nie gesien het nie”.
Kort daarna koop ek 30 jumbo eiers in Sasolburg. Wat ‘n winskopie!
Tot dusver het ons agt eiers gebruik en ses was dubbeldore.
Veral die pekinees, Kleinsus Antjie is beindruk. Sy hou baie van gekookte eiers, maar eet slegs die eiergeel.
Wanneer laas het jy ‘n dubbeldoor in die pan gekry?