NewsSport

Sasolburg Cobras wen ná wipplanktelling

Die Sasolburg Cobras het uiteindelik as die wenners uit die stryd getree.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (9 Augustus) verskyn. Kry ons gedrukte koerant vir al die jongste nuus.

SASOLBURG – Die Sasolburg Cobras-rugbyklub se eerste span het Saterdag 3 Augustus ‘n besoekende span van Elsburg-rugbyklub tydens ‘n naelbytstryd by die Sasolburg-stadion met ‘n eindtelling van 29 – 25 verslaan.

Die besoekers het aan die begin van die wedstryd gedomineer en het teen halftyd met ‘n telling van 20 – 12 voorgeloop.

Die tuisspan het in die tweede helfte reggekom en kon die besoekers metertyd ingehaal.

Elsburg het aan die einde van die tweede helfte weer op dreef gekom, maar dit was nie genoeg om die punte-agterstand in te haal nie.

Bees Keyter (1), Armand Neethling (1), Bokang Matlou (2) en Kabelo Moji (1) het drieë vir die Sasolburg Cobras teen Elsburg gerduk.

Hloni Sechele het twee van die drieë verdoel.

Johan Smith van die Sasolburg Cobras-rugbyklub se eerste span sleep Barend Vorster, Elsburg-rugbyklub se skrumskakel, grond toe aan die trui. Foto: Christiaan Cloete
Juvandre Bekker, ‘n reserwespeler van Elsburg-rugbyklub, val bo op Armand Neethling van die Sasolburg Cobras-rugbyklub. Foto: Christiaan Cloete
Bokang Matlou word grond toe gebring deur ‘n speler van Elsburg. Foto: Christiaan Cloete
Christiaan Mans en Armand Neethling vier ‘n drie vir die Sasolburg Cobras. Foto: Christiaan Cloete

 

 

 

 

Back to top button