NewsSport

100ste wedstryd wink vir Koos

Groot mylpale vir drie VRK-staatmakers

VANDERBIJLPARK. – Nog ‘n hoofstuk in die Bosman-rugbyverhaal word more in Boksburg geskryf wanneer Koos Bosman jnr. sy 100ste wedstryd vir sy geliefste Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan speel.

Die Bosmans en die Vereeniging Rugbyklub (VRK) loop hand aan hand. Koos se Oom Duitser (90’s) en sy oupa Piet Bosman (1963 -1972) het ook die Kiewiete aangevoer.

More se wedstryd teen Boksburg in die Valke Peregrine-liga is ook ‘n groot dag vir Jandré Visagie en Wian Koekemoer wat beide hulle vyftigste wedstryd vir streeptruie speel.

VRK se losskakel Nreandan Hewitt is aangewys as die kaptein vir laaste groepwedstryd.

Die span wat Boksburg gaan aandurf is:

1. Johannes v Deventer
2. Emile Nagel
3. Donovan Venter
4. Wouter van den Berg
5. Theunis Muller
6. Jandré Visagie
7. Koos Bosman
8. Erjee Heenop
9. Charl Penning
10. Brandon Hewitt
11. Leon Potgieter
12. Attie Janse van Vuuren
13. Wian Koekemoer
14. Christiaan Francke
15. Kyle Hendriks
16. Stefan Jacobs
17. Felix Thoma
18. Dawie Dafue
19. Martin du Plessis
20. Piet Nel
21. Tabu Tau
22. Hendrik Smit
23. Franco Pienaar
Koos Bosman van Vereeniging stoomroller ‘n Boksburger. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button