VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfiersryer is Saterdagmiddag in ‘n ongeluk voor die ingang van die Vaal Mall beseer.
Die botsing tussen ‘n motorvoertuig en ‘n motorfiets het voor 15:00 in Barrageweg (R42), by die ingang van die Vaal Mall (by KFC en McDonalds) gebeur.
Die polisie en nooddienste is op die toneel.
Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
