Leah Williams van die Vaaldriehoek se o.13-woemahokkiespan in aksie in die eindstryd teen Oos-Transvaal. Foto: Christiaan Cloete
*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad 4 Oktober verskyn. Nog foto’s in die gedrukte koerant.
MEYERTON – Die Bokkieweek Somerweek het gedurende die September-vakansie sportaksie uit die boonste rakke opgelewer by Hoërskool Dr. Malan.
Spelers van o13 tot o19 het mekaar op die netbalveld (Fast 5-netbal) rugbyveld (sewesrugby), krieketveld en selfs op die gholfbaan gepak.
Bokkieweek is ‘n inisiatief deur Afrikaner Volkseie Sport (AVS) wat provinsiale sporttoernooie aanbied.
Tylor Burkett van Noord-Transvaal se o.16-sewesspan word deur ‘n Vrystaat-speler gestuit. Foto: Christiaan CloeteSanmarie Fourie van die Vaaldriehoek se o.17-snelbalspan gryp die bal tydens die eindstryd teen Noord-Transvaal Noord. Foto: Christiaan CloeteLanelle Beyers van die Vaaldriehoek se o.13-woemahokkiespan kruis hokkiestokke met Abigail Brits. Foto: Christiaan CloeteWG van Zyl van Noord-Transvaal se o.16-sewesspan loop hom vas inn speler van Vrystaat. Foto: Christiaan CloeteBella Meyer van Vaaldriehoek se o.13-woemahokkiespan kruis hokkiestokke met Abigail Brits van Oos-Transvaal. Foto: Christiaan CloeteAnnalet Breytenbach van Noord-Transvaal Noord probeer verhoed dat die Vaaldriehoek punte aanteken in die o17-snelbaleindstryd. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!