News

Drawwers durf per voet die lang pad na Kaapstad aan

Die pad is lank en swaar.

VEREENIGING – Altesaam 36 atlete het op 11 Oktober per voet die lang pad van Johannesburg na Kaapstad begin aandurf.

Hulle sal vanaf 11 tot 20 Oktober beurte maak om die 1 520km tot in Kaapstad af te lê om geld vir die Making a Difference stigting in te samel.

Die drawwers is in groepe van ses opgedeel en die groepe sal beurte maak om skofte van 80km te hardloop.

Dit beteken dat daar oor die tydperk 24 uur per dag ‘n span van drawwers op die pad sal wees.

Met aankoms in Kaapstad sal hulle ook op 20 Oktober aan die Kaapstad marathon deelneem.

Vaalweekblad het die groep op die eerste dag van hul epiese tog in Vereeniging raakgeloop.

Alles vir ‘n goeie doel. Foto: Christiaan Cloete
Stacey Stewart van Vereeniging is deel van die span wat Kaapstad toe hardloop. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button