Taxidrywer sien sy spreekwoordelike ‘gat’ in Vereeniging
Moenie in die selfde strik trap as hierdie motoris nie.
VEREENIGING. – Motoriste en voetgangers word gewaarsku om bedagsaam te wees op ‘n goot gat op die hoek van Merriman- en Leslielaan in Vereeniging se middestad.
Dit volg nadat ‘n minibus taxi Sondagaand in die tamaai gat beland het.
Vaalweekblad verneem dat niemand ernstig in die voorval beseer is nie.
Volgens Prudence Hlanyane, raadslid vir Wyk 15 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is die pad opgegrawe om ‘n waterpyp te herstel.
“Metsi-a-Lekoa en RandWater was besig om ‘n ernstige waterlek reg te maak wat inwoners van Vereeniging se middestad vir twee dae sonder water gelaat het.”
“Herstelwerk is reeds gedoen maar die gat kan nie onmiddelik toegemaak word tot Metsi-a-Lekoa en RandWater seker is dat die lek behoorlik reggemaak is nie,” verduidelik Hlanyane.
@larrymots
Volgens Hlanyane was daar blykbaar versperrings en waarskuwingstekens op die toneel om motoriste oor die gat te waarksu.
Ten spyte daarvan het die motoris Sondagaand met die minibus in die gat beland.

