Pastoor stort sy hart uit oor fisiese mishandeling in boek
Hy hoop dat die memoir ook tot ander wat deur mishandeling geraak word sal spreek.
VANDERBIJLPARK – Sy boek is ‘n openhartige vertelling van die fisieke mishandeling wat hy as kind aan die hande van sy pa moes deurmaak.
Dit terwyl hy in die 1980’s in CE2 op die dorp grootgeword het.
Dit is ook ‘n verhaal van hoe hy later in sy lewe genesing gevind het en die siklus van geweld verbreek het.
Norman Clack, vandag ‘n pastoor van die Unveiled Ministries Kerk in die Wesrand, hoop dat sy boek I Am My Father’s Child ook tot ander wat deur mishandeling geraak is of steeds geraak word sal spreek en hulle hoop sal gee.

Die eerlikheid waarmee hy oor sy eie pynlike ervaringe in die boek praat is besonders.
Soos dr. Vivian Rodgers, senior pastoor by die Excellence International Ministries in die voorwoord skryf: “Dit verg baie krag vir die skrywer om daardie oomblikke van sy lewe neer te pen wat nie altyd aangenaam was nie. Dit verg baie meer om diep in die pyn van gister te delf om die skatte te vind wat die antwoorde sal word op vrae wat ander het.”
One day my father was sitting on his bed, busy cleaning a gun, and he got frustrated with something. I usually kept to myself and only spoke when spoken to, but that day I felt a little more perky than usual. , and I thought that my input and undeniable cuteness was needed and would be appreciated in this tense scenario. So, I asked with a huge smile: “Why don’t you ask God to help you with this problem?”
Cue the dramatic music because you know what is coming right? His anger was swift , abrupt, violent and vicious. My father was a large man, and I didn’t know he could move so fast. Before I realised what was happening, he grabbed me by the shirt and shouted in my face: “Waar is jou f***** god! (Where is your f***** god?). He threw me across the room and I landed against the opposite wall with a thud, winded.
All I remember was that I ran out of the room into my bedroom, crying in shock.
Norman se pa, Tom, was ‘n polisieman wat sy ouers op die brose ouderdom van een verloor het.
Hy het op die ouderdom van 16 by die SAPD aangesluit en ook in die Bosoorlog geveg.
In die boek vertel Norman aanvanklik van die goeie tye wat hy en sy pa tydens jaguitstappies gehad het, maar dan beland hulle in ‘n afwaartse spiraal van mishandeling weens sy pa se drankmisbruik.

Norman vertel in die boek van sy grootwordjare in die 1980’s in die Vaaldriehoek: “Ek het nie gedink dat my pa se woede iets buitengewoon was nie, want die hele atmosfeer in Suid-Afrika in daai dae was ‘n atmosfeer van woede. Woede was soos ‘n onderliggende stroom. Selfs as ‘n jong kind was jy heeltyd bewus dat daar iets onder die oppervlak was wat enige oomblik kon ontplof.”
His behaviour became so volatile and unpredictable depending on what he was drinking. If he drank strong liquor like whisky and brandy and rum, he became aggressive and abusive.
Norman vertel dat die wonde wat gelaat is tydens sy grootword ook sy gedrag en sy verhoudinge beïnvloed het.
Hy was as jongman gereeld in ‘n bakleiery betrokke en het in sy jonger dae hom oorgegee aan promiskuïteit.

Norman se pad na genesing begin eers toe hy Bybelkollege toe gaan en God genesing in sy lewe bewerkstellig.
Hy het ook later sy vrou, Gerda, ontmoet en vandag het hulle twee kinders.
Vandag is Norman en sy vrou by die Unveiled Ministries aan die weste van Johannesburg betrokke.
Norman het in 2008 die bediening gestig.

Volgens Norman is die doel van die boek nie om ‘n man wat nie daar is om homself te verdedig aan die kaak te stel nie, maar eerder om klarigheid te bied oor die verhouding wat hy en sy pa gehad het en die stryd wat hy teen mishandeling gevoer het.
Norman benadruk in sy boek die belangrike invloed wat vaderfigure in die lewens van hul seuns het.
Hy en sy pa het voor Tom se dood in 2022 versoening gevind en Tom is ook ‘n mede-skrywer van ‘n hoofstuk van die boek, waarin hy die lesse deel wat hy geleer het.
Volgens Norman raak mense so gewoond aan hul letsels en wonde dat hulle nie meer bewus is daarvan nie.
Baie mans dra steeds die emosionele en sielkundige letsels wat deur hul vaders gelaat is sonder dat hulle dit eers agterkom.

