Vier in hegtenis, polisie lê beslag op gesteelde voertuig
Van die verdagtes het glo tydens die jaagtog by die voertuig uitgespring.
VEREENIGING. – Die polisie het met behulp van Sekuriteit Sonder Grense Dinsdag vier mans in Houtkopweg in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n gesteelde voertuig.
Dit volg nadat die polisie Dinsdagmiddag inligting ontvang het oor ‘n Volkswagen Polo met ‘n vermoedelik vervalste nommerplaat en die verdagtes agtenagesit het.
Van die verdagtes het glo uit die bewegende voertuig gespring tydens die jaagtog.
Die verdagtes se voertuig het in Houtkopweg tot stilstand gekom.
Die polisie het vier verdagtes aangekeer.
Vaalweekblad het navrae aan lt. kol. Mavela Masondo, ‘n polisiewoordvoerder, gestuur.
Ons wag nog vir inligting.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal die storie opdateer sodra ons verdere inligting ontvang.

