SPL-eindstryde: Jaguars en Roosters brul en kraai
VANDERBIJLPARK - Die eindstryde van die Sedibeng Premier-krieketliga vir o.11 en o.13-spanne is onlangs op HS Transvalia se krieketveld beslis en het aan alle verwagtige voldoen.
Die spanne het gedurende die reeks goeie krieket opgedis, maar tydens verlede Sondag se eindstryd het die jonges na ‘n nuwe rat oorgeskakel vir die eer om as wenspan gekroon te word.
Die o.11-eindstryd tussen die Jaguars en Fireball Kingz was eerse op die spyskaart vir dag. met die Jaguars wat as die wenspan uit die stryd getree het.
In die o.13-eindstryd het die Strikers en die Casa Roosters mekaar die stryd aangesê, met die Roosters wat koning gekraai het.
Die 2024 Speler van die Reeks-toekennings behoort aan:
o.11 Beste Bouler – Faffa Derksen
o.11 Beste Kolwer – Duhan vd Bergh
o.13 Beste Bouler – Corné Bergh
o.13 Beste Kolwer – Caleph Laubscher
Caleph is ook al die algehele Speler van die Reeks aangewys.
Dit is maklik om te verstaan hoekom, want Caleph het ook die toekenning verwerf vir meeste viere (23) geslaan, meeste sesse (5), vinnigste 50 (54 van 29 balle), en beste “strike rate” (177.1).
Hy en spanmaat Ronaldo Braun het ook vir die beste kolf vennootskap van die reeks gesorg (110 van 53 balle).
“Dankie vir ‘n fantastiese SPL #10 krieketreeks. Dankie vir elke speler, asook die ouers en afrigters se harde werk om krieket vir ons jongklomp lekker te maak. Ons groet vir eers tot volgende jaar,” het Stephan de Villiers (organiseerder) afgesluit.







