Local newsNews

Waldo ryg die modeltoekennings in

Dié Graad 10-leerder van die Hoërskool Overvaal word keer op keer as die mees fotogeniese model aangewys. Lees meer...

VEREENIGING – Waldo Potgieter is ‘n trotse graad 10 leerder aan die Hoërskool Overvaal. Hy het verlede jaar reeds sy erekleure in kultuur verdien.

Hy is nie verniet lid van die skoolkoor onder die bekwame leiding van die bekende koormeester Franz Geldenhuys nie.

Alhoewel hy skool geniet en daarvan droom om eendag ‘n rekenaartegnikus te word, is dit Waldo se modelwerk wat die meeste van sy aandag en tyd verg.

Waldo is ‘n aktiewe en trotse leerder van die Hoërskool Overvaal.

Tydens onderhoude laat hy meestal sy ma, Monica, die praatwerk doen, maar op die loopplank en voor ‘n kameralens is hy op sy gemaklikste. Verlede jaar het hy weer die toekennings soos krale aan ‘n snoer geryg.

By die Talent Africa Nationals het hy vir 14 items gekwalifiseer en silwer, goud, platinum en diamant (95-100%) toekennings ontvang. Waldo was ook een van ongeveer 30 uit 8000 items wat gekies is om aan die Special Awards Show deel te neem.

By Show Your Talent was hy een van die Top 10 modelle en het hy 11 goud en een silwer verower en is ook weer vir Team SA gekies.

Waldo het al twee maal Springbokkleure in modelwerk van die Federation of Performing Arts South Africa gekry.

Hy is veral opgewonde, en sy ma natuurlik super trots, omdat hy einde verlede jaar as Mr Teen SA Runner-up gekroon is.

Hy is ook aangewys as sy modelskool se Model van die Jaar en het die American Fashionista gewen wat in Vaalpark gehou is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button