News
Atletiek-skouspel by Dokkies
Van die beste laerskoolatletiek wat Midvaal al in jare gesien het.
MEYERTON – Die 2025 Midvaal Interlaer-atletiek kompetisie, wat onlangs by Hoërskool Dr. Malan gehou is, het ‘n skouspel van skole-atletiek opgelewer.
Agt skole, insluitend Laerskool Midvaal, Laerskool Republiek, Laerskool Voorwaarts, Laerskool De Deur, Meyerton Primary School, Destinata Skool, Oakmead Academy en De Deur Primary School het aan die kompetisie, wat deur Laerskool Midvaal aangebied is, deelgeneem.
Atlete het in verskeie baan- en velditems, insluitend naellope, middelafstande, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi, teen mekaar gekompeteer en talle nuwe rekords is tydens die dag opgestel.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
