News

Armdruk-kampioen van Meyerton maak amok in Amerika

Nog 'n groot mylpaal vir die belowende jong armdrukker van Meyerton.

NEW JERSEY – In ‘n langverwagte armstoeigeveg op 25 Januarie by die Knuckles Up 5-toernooi in New Jersey het die voormalige Suid-Afrikaanse en Meyertonse armstoeier, Riekerd Bornman, wat deesdae in Australië woon, ‘n oorwinning behaal teen die Amerikaanse veteraan armdrukker, Don ‘Hollywood’ Underwood (52).

Die vierrondte-geveg het geëindig met ‘n beslissende 3-0 oorwinning vir Bornman.

Riekerd Bornman het die vierrondte-geveg beslissend met ‘n telling van 3-0 gewen.

Op net 21 jarige ouderdom, het hy sy vinnig groeiende status in die armstoeiwêreld bevestig met ‘n uitmuntende vertoning van krag en tegniek.

Met ‘n lengte van 1.91m en ‘n gewig van 122kg het Bornman sy fisiese voordele ten volle benut teen die 52-jarige Underwood.

Alhoewel Underwood bekend is vir sy jare ondervinding en sterk reputasie in die sport, het Bornman se prestasie gewys dat hy gereed is om teen die beste ter wêreld mee te ding.

Die Knuckles Up 5-byeenkoms het verskeie hoë-profiel gevegte gehuisves, insluitend die hoofwedstryd tussen Ferit Osmanli en Yordan Tsonev.

Riekerd Bornman meet kragte teen Don “Hollywood” Underwood.

Bornman se oorwinning oor Underwood – ‘n voormalige professionele rofstoeier en voetbalspeler wat in die sport van armdruk beland het nadat hy die 80’s fliek Over the Top gesien het – is ‘n belangrike mylpaal in sy loopbaan.

Dit dui boonop op ‘n moontlike verskuiwing in die armstoeilandskap, met jonger atlete soos Bornman wat hul merk maak.

Hierdie oorwinning is veral merkwaardig vir Bornman, wat aanvanklik na Australië verhuis het om rugby te speel, maar weens ‘n besering in die wêreld van armdruk beland het.

Sy toewyding en indrukwekkende vaardighede het hom erkenning en respek onder sy mededingers en ondersteuners besorg.

Terwyl hy voortbou op hierdie momentum, sien die armstoeigemeenskap uit na sy toekomstige wedstryde en die impak wat hy op die internasionale verhoog gaan hê.

Die 20-jarige Riekerd Bornman is op 21 al ‘n
AWE-armdrukkampioen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button