News

Wêreldrekords spat by fees

Drie nuwe Guiness-wêreldrekords is op een naweek opgestel!

VANDERBIJLPARK – Geskiedenis is gemaak tydens die afgelope naweek se Rocking the Vaal-fees, toe drie Guinness-wêreldrekords verpletter is.

Die Goue Driehoek Sakekamer het rekords opgestel vir die grootste bediening van kebabvleis, die meeste mense wat saam brood breek, en die grootste bak mieliepap wat nog ooit bedien is.

Die wêreld se langste sosatie is die naweek gebraai.

Die fees, wat by die Emerald Resort en Casino gehou is, was ’n reuse sukses en het musiek, kos en gemeenskaplike gees in ’n onvergeetlike viering saamgevoeg.

Rocking the Vaal het nie net oor nuwe Guiness-rekords gegaan nie—dit was ook ’n dag provol lewendige musiek, smaaklike kos en ’n sterk fokus op liefdadigheid.

Feesgangers is bederf met opwindende optredes, interaktiewe aktiwiteite en ’n warm, verwelkomende atmosfeer wat die beste van die Vaal ten toon gestel het.

Marinda Human, bemarkingsbestuurder van die Emerald Resort & Casino, met sertifikate wat ontvang is.
Drie wêreldrekords is die afgelope naweek by die Rocking the Vaal-fees verpletter.
Die Rocking the Vaal-fees was ‘n reusesukses.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button