Local newsNews

Skool se voedingskema reik wyd

By Eureka Skool voorsien hul nie net broodjies tydens pouse nie, die kinders kry ontbyt ook. Die voedingskema sien selfs om na die kinders wanneer hul nie by die skool is nie. Lees meer hier.

VEREENIGING – Die Eureka skool, soos die meeste ander skole, het ‘n voedingskema en ‘n kosbuis waar daar seker gemaak word die leerders kry ontbyt, kospakkies, middagete en natuurlik aandete vir die koshuisbewoners.

Die skool se beheerliggaam het egter besef dat vele van die kinders na huise toe gaan oor naweke en vakansies waar daar bitter min kos is.

Hulle het besluit om ‘n plan te maak. Met die minimum fondse sorg hulle nou dat kospakke vir gesinne uitgaan wanneer die kinders op die voedingslys huis toe gaan.

Van die produkte wat in die Maart vakansie se kospakkies gepak is. Foto’s: Gerda Bruinette

Basiese kos produkte, seep, tandepasta en selfs toiletrolle word gepak. Een van die seuns is in ‘n kinderhuis met 15 kinders en sy kospak is altyd groot genoeg om almal daar kos te gee.

“Dis nie genoeg vir ‘n maand nie, maar dit help,” sê Endri Coertze van die beheerliggaam. “Ons pak op die stadium vir 40 gesinne.

Gelukkig het Eureka baie bussies wat ry en die kinders word met die kossakke en al by die huise afgelaai.

“In Desember is daar drie keer kos gaan uitdeel en die week is die pakke gepak vir die skoolvakansie. Ons beoog om naby die Paasnaweek ook vir elke gesin vars groente te gaan aflaai.”

Alhoewel die skool uit hul befondsing help, is dit net nie genoeg nie. Daarom vra die Eureka Voedselskema vir donasies. Alle donasies geskied anoniem.

Dit kos hul omtrent R250-R300 per gesin per maand. Mense en besighede kan donasies in die skool se rekening inbetaal.

Die rekeningbesonderhede is: Naam: Eureka Skool Bank: ABSA Rekeningnommer: 1050520141 Verwysing: Feeding Scheme

Let wel, die skool het slegs een bankrekening en dit is belangrik om die regte verwysing te gebruik. Indien mense bereid is om kos of ander benodighede te skenk,

Whatsapp vir Endri by 074 157 0318. Sy sal die lys van benodighede aanstuur.

“Mense moet onthou dat enige donasie, al is dit net ‘n R10 of ‘n pakkie pasta ‘n verskil maak. Ons vra ook dat mense hul Checkers 60/60 sakke sal hou en vir ons skenk aangesien dit die ideale grote is om die goed in te pak.”

Met die winter op hande wil hul ook begin om die sop-bottels (glasbottels met alles in wat benodig word om sop te kook) uit te gee, daarvoor benodig hul glas koffie bottels, leë mayonaise bottels en die groter beet bottels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button