News

Duvan presteer by SA Armdrukkampioenskap

Hy volg in die voetspore van sy kampioen-broer.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (11 April – 17 April) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Duvan Bornman, ‘n belowende jong armdrukker, het onlangs by die Suid-Afrikaanse Armdruk Federasie (SAAF) se Nasionale Kampioenskap in die Oos-Rand geskitter.

Duvan, ‘n Graad 11-leerling aan Hoërskool Dr. Malan, is die broer van die AWE-kampioen Riekerd Bornman.

Hy het op 4 en 5 April aan die kampioenskappe wat by Laerskool Concordia gehou is deelgeneem, waar hy in die afdeling vir senior mans 110 kg (regter hand) ‘n eerste plek behaal het.

Duvan het ook ‘n eerste plek in die afdeling vir senior seuns behaal.

Sy prestasies het nie net die aandag van die publiek getrek nie, maar ook dié van ander atlete wat hom as ‘n ernstige mededinger beskou.

Met die steun van sy familie, insluitend sy broer Riekerd, wat hom inspireer het, lyk die toekoms vir Duvan baie belowend.

Hy het sy pad na sukses met harde werk en deursettingsvermoë gebaan, en daar is geen twyfel dat ons nog baie van hom gaan hoor in die wêreld van armdruk nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button