Help pa van twee om ‘n lewensveranderende stamseloorplanting te kry
Hulle het al ‘n paar duisend rand vir die behandeling ingesamel, maar kort nog baie.
VEREENIGING – Vir 25 jaar het Louis Claassen teen Veelvuldige Sklerose (MS) geveg, ‘n meedoënlose siekte wat sy mobiliteit en onafhanklikheid gesteel het.
Op die ouderdom van 14 jaar is hy met die toestand gediagnoseer.
Hy het sedertdien onophoudelik geveg.
Vandag, op 39-jarige ouderdom, het hy ‘n kans op ‘n beter toekoms deur ‘n stamseloorplanting—maar hy het jou hulp nodig om dit moontlik te maak.
Louis is meer as net ‘n vegter.
Hy is ‘n toegewyde eggenoot en pa van twee pragtige dogters wat droom daarvan om hom ‘n lewe met minder pyn en meer vryheid te sien leef.
Hierdie behandeling kan ‘n beter toekoms bring, nie net vir Louis nie, maar vir sy hele gesin.
Wat is veelvuldige sklerose (MS)?
MS is ‘n chroniese siekte wat die brein en rugmurg aantas, wat spier swakheid, moegheid, mobiliteitsprobleme en selfs sigverlies veroorsaak.
Die immuunstelsel val per ongeluk die beskermende lag rondom senuweevesels aan, wat ‘n progressiewe afname in lewenskwaliteit veroorsaak.
Hoewel daar geen genesing is nie, bied ‘n stamseloorplanting hoop—dit kan die siekte se vordering stop en simptome verlig, wat vir Louis ‘n tweede kans op die lewe gee.
Hoe jy ‘n verskil kan maak:
Elke bydrae, groot of klein, bring Louis nader aan hierdie lewensveranderende behandeling.
Saam kan die gemeenskap hom help om sy krag en onafhanklikheid terug te kry.
Om Louis op sy pad na herstel te ondersteun, besoek sy BackaBuddy-blad hier en maak ‘n donasie.

