News

AVT-landloopliga skop in Mei af

Die landloopseisoen het aangebreek.

VANDERBIJLPARK: Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga vir 2025 skop binnekort af en sal atlete van regoor die streek byeenbring vir ’n reeks mededingende byeenkomste.

Die liga vind tussen Mei tot Augustus plaas en bestaan uit sewe opwindende byeenkomste vir landloopatlete van alle ouderdomme en vlakke.

Die AVT-landloopliga skop in Meimaand af. Foto: Christiaan Cloete

*Die seisoen begin op 10 Mei 2025 by die Vaal Universiteit van Tegnologie, georganiseer deur Dimathi Sports Promotions in samewerking met die universiteit.

*Die tweede byeenkoms volg op 31 Mei by Khanya Lesedi Skool, aangebied deur Khanya Lesedi Atletiekklub.

*Die derde byeenkoms is op 14 Junie — die plek moet nog bevestig word — en word aangebied deur Boxer Atletiekklub.

*Op 28 Junie beweeg die liga na die George Thabe-stadion in Sharpeville, waar Future Champs en Lekoa Atletiekklubs saamwerk vir ’n aksiebelaaide dag van landloop.

*Die vyfde byeenkoms vind plaas op 12 Julie by Hoërskool Driehoek, gereël deur Driehoek Atletiekklub.
*Op 2 Augustus sal atlete by Laerskool Kollegepark byeenkom vir die sesde byeenkoms, aangebied deur Nedbank Atletiekklub.

*Die laaste byeenkoms van die liga is op 9 Augustus; die plek moet nog bevestig word, en dit sal weer deur Boxer Atletiekklub aangebied word.

Die landloopseisoen sluit af met die gesogte ASA Landloopkampioenskappe op 6 September by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg.

Juanica van der Merwe toon goeie sportmangees deur Peloyarona Tshabalala se hand vas te hou op pad na die eindstreep tydens ‘n vorige AVT-landloopliga. Foto: Christiaan Cloete

Beaulah Valentin, AVT se landloopvoorsitter, het ’n omsendbrief aan klubs uitgestuur en atlete aangemoedig om hulself vertroud te maak met die reëls vir die seisoen. Sy het die belangrikheid beklemtoon van deelname aan die AVT Landloopkampioenskappe op 9 Augustus vir dié wat in aanmerking wil kom vir die AVT-span.

Vir die eerste keer vanjaar sal daar kwalifiserende tye wees vir atlete wat aan die ASA Kampioenskappe wil deelneem.

Volledige besonderhede is in die regulasies vervat.

Met die seisoen wat vinnig nader kom, word atlete aangemoedig om by AVT-geaffilieerde klubs te registreer, seker te maak hulle voldoen aan die vereistes, en gereed te wees vir ’n opwindende landloopseisoen

Aksie tydens ‘n vorige aflewering van AVT se landloopliga. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button