News

Valies bult bo-arm spiere by Nasionale Kampioenskappe

Die Vaaldriehoek se armdruk kampioene het hul staal by die nasionale kompetisie gewys.

VANDERBIJLPARK – Die Nasionale Armdruk Kampioenskappe het van 3-5 April in Boksburg plaasgevind. Vyf van die Vaaldriehoek se sterkstes het deelgeneem en met agt medaljes huis toe gekom.

Jaco Underhay en Hanco van die Limpopo span meet kragte.

Esmerelda Underhay het brons verower in die Junior Meisies 70+ kategorie, terwyl Jaco Underhay brons en silwer in die Meester Mans 110+ afdeling gekry het vir beide sy linker- en regterarm.

Berné Fourie het silwer gewen in die Jeug Mans 100 – linkerarm. Nathan Underhay het in die Jeug Mans 110 skoonskip gemaak deur goud met sy linker- en regterarm te wen.

Duvan Bornman se ster het blink geskitter toe hy in die Senior Mans 110 – Regterarm en die Junior Seuns 90+ – Regterarm goue medaljes in sy sak gesteek het.

Duvan is net 16 jaar oud en daar word nog groot dinge van hom verwag. Enige een wat belangstel om armdruk hul sport te maak, Jaco sê hulle oefen Maandae en Woensdae van 19:00 – 20:00. Volg hulle gerus op hul Facebookblad PowerGuns vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button