News

Dokkies wys die Hoekies wie’s baas

Vyf uit vyf wedstryde gewen.

MEYERTON – Die Hoërskool Dr. Malan se meisieshokkiespanne het ‘n indrukwekkende oorwinning behaal toe hulle op 24 April al vyf hul wedstryde teen ‘n besoekende Hoërskool Driehoek gewen het.

Die wedstryde is op die Hoërskool Dr. Malan se Astro beslis.

Cailn van der Merwe van die Hoërskool Dr. Malan se eerste hokkiespan probeer om die bal verby ‘n verdiger van Hoërskool Driehoek te kry. Foto: Christiaan Cloete

Die eerste span het in ‘n dominante vertoning ‘n 4-0 oorwinning oor Driehoek behaal, terwyl die tweede span met 2-0 gewen het.

Die jonger spanne van Dr. Malan het ook met groot trots gespeel, en geen genade getoon nie.

Die o16-, o15- en o14-spanne het almal hul wedstryde gewen met indrukwekkende eindtellings van 4-0.

Die oorwinning beklemtoon die toewyding van die span se hardwerkende afrigters en spelers.

Morgan Viljoen van die Hoërskool Dr. Malan se eerste hokkiespan mik vir die doelhok. Foto: Christiaan Cloete
Amy van Niekerk van die Hoërskool Dr. Malan se tweede hokkiespan in aksie tydens ‘n wedsryd teen Hoërskool Driehoek. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button