NewsSport

Motaung wen eerste Vaaldriehoek Marathon

Goeie beplanning maak van marathon 'n sukses

VEREENIGING – Thabo Motaung het 27 April geskiedenis gemaak toe hy die eerste Vaaldriehoek Marathon oor 42.2km in ‘n tyd van 02:35:44 gewen het. Dit was beslis nie die vinnigste wentyd nie, maar een vir atletiek-annale.

Die ander podiumplekke is deur Raymond Teboho Twala (02:46:05) van Running with Sole AC en Godfrey Hlatywayo (02:47:22) van Meyerton Atletiekklub volgestaan.

Jorge Marques van Sasolburg Atletiekklub het in ‘n tyd van 02:52:59 sesde oor die wenstreep gehardloop.

In die vroue-wedloop het Nedbank se Deanne Laubscher in ‘n tyd van 02:59:25 stof in haar teenstanders se oë geskop.

Thabo Motaung het die nuwe Vaaldriehoek Marathon oor 43.3km
in tyd van 02:35:44 gewen.

Mohau Masoenyane (01:10:14) en Tshepo Gavu (01:12:34) het onderskeidelik eerste en tweede in die 21.1km halfmarathon vir mans geëindig.

Die 10km-wedloop vir mans is deur Lefa Kwanele (0:31:51) en die vrouewedloop is deur ‘n opkomende plaaslike atleet Karin-Mari Dotze in goeie tyd van 00:37:51 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button