News

Titaniese netbalstryd eindig in gelykoptelling

Albei spanne het met soveel moed, ywer en geesdrif gespeel.

VANDERBIJLPARK – Toeskouers is Dinsdag, 6 Mei, tot ‘n netbalskouspel bederf toe die eerste spanne van Hoërskool Dr. Malan en Hoërskool Transvalia mekaar by Transvalia se netbalbane gepak het.

Die kragmeting het in ’n naelbyteindtelling van 28-28 geëindig.

Vanaf die aanvang was die wedstryd ‘n nek-aan-nek stryd, met albei spanne wat deurentyd vasberade en met groot geesdrif gespeel het.

Beide spanne verdien lof vir ‘n uitmuntende vertoning van skolenetbal op sy beste.

Die titaniese netbalwedstryd het in ‘n gelykoptelling van 28 – 28 geëindig. Foto: Christiaan Cloete
Awianté Coetzee kreun van die pyn nadat sy ‘n sportbesering opgedoen het. Kort daarna het sy weer na die baan teruggekeer omn die wedstryd end uit te sien. Foto: Christiaan Cloete
Netbalaksie by Transvalia.
Marionique Henning (kaptein) en Kaitlyn van Wyk (onderkaptein) van Dokkies omhels mekaar na ‘n spanningsvolle wedstryd. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button