Transvalia het vanmiddag op sy tuisveld vir Dr. EG Jansen met 39-26 in die SDC Noordvaalbeker-afdeling omgedop. Foto's: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – NND-park was vanmiddag in rep en roer nadat die eerste rugbyspan van die HS Transvalia op sy tuisveld vir Dr. EG Jansen met 39-26 geklop het.
Daniel Kazambo op pad doellyn toe vir een van sy twee driee.
Die kragmeting in die SDC Noordvaal-bekerafdeling wat regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai is, het aan alle verwagtinge voldoen.
Juan Bischoff lei Transvalia se span op die veld.
Transvalia het met die sege al die Ongelowige Thomasse se monde gesnoer. Lloyd Greeff se span het gewys dat hy oor die skietgoed beskik om saam teen die grootmoondhede van skolerugby mee te ding.
Daniel Kazambo op pad doellyn toe.
Een van die span se wapens van massaverwoesting is sy seweflank, Daniel Kazambo wat ‘n barshou gespeel het en die opposisie na sy pype laat dans het. Sy fisieke spel is voorts met drie drieë beloon.
Wihandre Kruger, fris haker van die HS Transvalia, op een van sy kenmerkende kraglopies.
Vir die volledige wedstrydverslag en nog prag aksiefoto’s van die kragmeting koop aanstaande week Vaalweekblad se gedrukte koerant.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za