News

AfriForum vra dat Metsimaholo diensleweringskrisis aanspreek

AfriForum vra dat Metsimaholo diensleweringskrisis aanspreek

SASOLBURG – AfriForum se Sasolburg-tak het ’n omvattende skrywe aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig met konkrete voorstelle vir insluiting in die 2025/2026-geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Die dokument beklemtoon gemeenskapsprioriteite en dring aan op volhoubare oplossings vir die ernstige diensleweringskrisis in Sasolburg en omliggende gebiede.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek, is die GOP ’n sleutel-instrument vir plaaslike ontwikkeling en moet dit die werklike behoeftes van inwoners weerspieël. “Ons het hierdie kommentaar as verantwoordelike gemeenskapsorganisasie ingedien sodat Sasolburg se inwoners se stemme gehoor kan word,” sê Pretorius.

Die dokument lig agt kritieke probleemareas uit, insluitend die haglike toestand van paaie, die wanfunksionering van straatligte, gevaarlike elektriese infrastruktuur, waterlekkasies, ’n oorbelaste rioolnetwerk en ’n vullisterrein in totale verval. AfriForum wys ook op die agteruitgang van openbare ruimtes en dring aan op langtermyninfrastruktuurbeplanning.

AfriForum versoek die munisipaliteit om nie net aan wetlike vereistes te voldoen nie, maar om ook inklusiewe beplanning te bevorder waarin gemeenskapsdeelname sentraal staan. Die organisasie belowe om die situasie fyn dop te hou en verdere aksie te neem indien nodig.

Inwoners word aangemoedig om aktief betrokke te raak by plaaslike projekte. Vir meer inligting of om betrokke te raak, kan Johan Hayward (073 885 1365) of Braam Muller (076 125 7773) gekontak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button