News

Midvaal brei sy tegnologies gevorderde misdaadbestrydingsnetwerk uit

Met gevorderde kameras wat regstreekse inligting lewer, versterk Midvaal sy vermoë om misdaad vinniger raak te sien en daadwerklik te bekamp.

MEYERTON – Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is besig om sy misdaadbestrydingsnetwerk uit te brei met die hulp van ’n gevorderde kamerasisteem.

Burgemeester Peter Teixeira onlangs aangekondig dat nog sogenaamde ‘Sniper kameras’ by belangrike in- en uitgangsroetes in die gebied geïnstalleer is.

“Hierdie kameras help om kriminele aktiwiteite met intydse inligting (realtime) op te spoor en te monitor,” het die burgemeester in ’n Facebookplasing gesê.

“Ons is trots daarop dat ons saamwerk om Midvaal veilig te hou.”

Die nuwe kameras ondersteun bestaande pogings van die gemeenskapspolisiëringsforum en plaaslike wetstoepassers om misdaad vinnig en doeltreffend te beveg.

Midvaal se gebruik van tegnologie in misdaadvoorkoming is al voorheen geloof vir die bydrae wat dit lewer tot veiligheid in die gemeenskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button