News

Donjuan gereed vir titelgeveg by Emperors Palace

Donjuan wil meer as net wen — hy wil Dean Promnick uitklop voordat ronde tien aanbreek.

Meyerton se Donjuan van Heerden is gereed om Saterdag (5 Julie) weer in die kryt by Emperors Palace se Centre Court te klim.

Van Heerden veg teen Dean Promnick van die Kaap in die Titans of Africa Box and Dine-toernooi, waar die vegters teen mekaar sal baklei vir die ABU Afrika Middelgewigtitel.

Hierdie geveg bied vir Van Heerden ’n belangrike geleentheid om sy naam verder in die SuidAfrikaanse bokswêreld te vestig.

Verlede jaar het hy op kort kennisgewing ingestem om teen Snamiso Ntuli te baklei in ’n agt-ronde kragmeting by dieselfde lokaal, maar het met ’n eensgesinde puntebeslissing verloor. Vasbeslote om dit hierdie keer beter te doen, het Van Heerden tydens ’n perskonferensie by die Brian Mitchell Boks Akademie in Edenvale gesê hy is ten volle voorbereid vir die komende stryd.

Die vegter uit die Vaaldriehoek het selfvertroue uitgestraal en gesê hy voorsien nie dat die geveg die beplande 10 rondes haal nie.

Hy het sy voornemens om die geveg vinnig af te handel, duidelik gemaak.

Die geleentheid beloof opwinding vir boksliefhebbers en diegene wat die lewendige atmosfeer by Emperors Palace waardeer.

Na die inweeg het Van Heerden saam met die vermaakbestuurder van die Palace of Dreams, Irvin Nkosi, en ringmeisies Komdedzi Adalete en Alyssa Brown, vir ’n foto poseer, wat hom sterkte toegewens het.

Terwyl die Titans of Africa-toernooi voortduur, gaan alle oë op Van Heerden wees terwyl hy probeer om die ABU Afrika Middelgewig-titel te verower en ’n blywende merk in die sport te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button