News

Vermeende bedrieër se makkers ook gesoek

Privaatspeurders sê Emile De Witt is nie alleen nie — sy makkers is glo deel van ’n goed georganiseerde netwerk wat al verskeie slagoffers glo om die bos gelei het.

VANDERBIJLPARK – Net een dag nadat Emile de Witt (36) weer vlugtig in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn het op nog ‘n aanklag van bedrog, het ’n bekende ondersoekspan ’n hernude openbare waarskuwing uitgereik – en bevestig dat daar lasbriewe uitgereik is vir verskeie van sy beweerde medepligtiges.

Emile de Witt tydens een van verskeie hofverskynings.
Emile de Witt praat met sy regsverteenwoordiger, Grant van Bochove in die hof tydens ‘n vorige verskyning in die Vanderbijlpark-hof. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Morney de Vos van Specialised Security Services (SSS), is De Witt glo die spilpunt van verskeie aktiewe ondersoeke na bedrog, misleiding en uitbuiting. “Moenie dat sy onskuldige uiterlike jou mislei nie,” waarsku De Vos. “Ons ontvang voortdurend klagtes van slagoffers. Hierdie is ’n aanhoudende en gevaarlike bedrognetwerk.”

SSS het nou “Projek: GEZOEK – Emile de Witt se Medepligtiges” van stapel gestuur om persone op te spoor wat glo saam met De Witt in verskeie misdaadskemas gewerk het. Die ondersoek hou verband met ‘n saak wat deur die Brackendowns polisie ondersoek word, waarvoor De Witt vroeër gearresteer en borgtog by die Palm Ridge-hof toegestaan is – ten spyte daarvan dat hy glo reeds op borg was vir ander Skedule 6-oortredings.

Leon Reece, Gerhardt Steynberg, Disebo Ivy Khusu en Charles Martin Steynberg.

Die saak is voorlopig van die hofrol verwyder om eers die medebeskuldigdes te arresteer, waarna ’n dagvaarding vir De Witt uitgereik sal word.

’n Lasbrief vir arrestasie is nou uitgereik vir Leon Reece, Charles Martin Steynberg, Gerhardt Steynberg, en Disebo Ivy Khusu. De Vos doen ’n dringende beroep op enigeen wat moontlik met De Witt of sy medewerkers te doen gehad het, om waaksaam te wees en verdagte aktiwiteite aan te meld.

Kontak:
📞 Morney de Vos (SSS): +27 66 212 5193
📞 Speursersant. Seduana (Brackendowns SAPD): 010 746 8942

🔗 Lees meer op www.mikebolhuis.co.za

Emile de Witt. Foto’s: www.mikebolhuis.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button