News

Bles Bridges: ’n Ikoniese stem wat 79 jaar gelede gebore is

Vandag, op die sosiale media, het aanhangers weer hulde gebring aan Bles Bridges, wat op 22 Julie 1946 in Viljoensdrif gebore is...

VEREENIGING –  Vandag, 79 jaar gelede (op 22 Julie), is een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse sangers, Bles Bridges, in Viljoensdrif gebore.

Lawrence John Gabriel Bridges, soos hy amptelik bekend was, het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi en sou later ’n musikale nalatenskap laat wat nog steeds in Afrikaanse huise weerklink.

Die bynaam “Bles” is aan hom gegee deur sy Ierse oupa – ’n liefdevolle verwysing na sy jeugdige kaal koppie. Maar dié eenvoudige naam sou later sinoniem word met romantiese ballades en platina-verkope.

Hoewel sy eerste musikale poging in 1972 saam met Minnie van Heerden opgeneem is, het dié album – uitgereik onder die naam Morné en Marié sing – min aandag gekry. Destyds het die regisseur geglo dat “Bles” nie ’n kommersiële trekpleister sou wees nie. Ironies genoeg sou daardie naam jare later die een word wat konsertsale landswyd vol sit.

Dit was eers in 1984 dat Bles se loopbaan regtig vlamvat. Sy tweede album, getiteld Bles, het binne ’n maand goue status bereik deur meer as 25 000 kopieë te verkoop – ’n merkwaardige prestasie vir daardie tyd.

Tragies is Bles Bridges op 24 Maart 2000 in ’n motorongeluk oorlede. Sy begrafnis het op 3 April vanuit die NG Gemeente Driehoek in Vanderbijlpark plaasgevind – ’n dag wat baie aanhangers steeds as ’n verlies vir Afrikaanse musiek beskou.

Op hierdie dag staan ons stil by die lewe en nalatenskap van ’n kunstenaar wie se musiek steeds harte roer. Bles Bridges se stem het dalk stil geword, maar sy liedere sing steeds voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button