Local newsNewsSport

Ankerskool wen naelbyt finaal

By die Ankerskool brand die vreugdevure hoog. Hul o15's het in die finaal hul teenstanders gewys waar Dawid die wortels begrawe het.

VANDERBIJLPARK – Die Ankerskool se o15’s het Saterdag die Hoërskool Voortrekker in die finaal van die Noordvaal Valke afdeling geklop.

Die eerste helfte het sleg begin vir die Anker en teen halftyd was hul 10-0 agter. Hul deursettingsvermoë en vegtersgees het in die tweede helfte na vore getree.

Volspoed op pad doellyn toe

Met verbete mannemoed het hul, hul veg na die doellyn gevind en hul eerste drie aangeteken.

Die res van die wedstryd het op ʼn mespunt gebalanseer totdat die Anker in die doodsnikke van die wedstryd nog ʼn drie aangeteken het.

Daar is in die laaste minuut ʼn strafskop aan ons toegeken en hulle het gekies om pale toe aan te lê.

Die Anker se senter beur vorentoe en lyk kompleet hy sleep Voortrekker se flank saam.

Die skop was nie daar nie, maar Voortrekker is gestraf omdat hul te vroeg gestorm het.

Die tweede poging het geslaag en toe was daar geen einde aan die vreugde nie. Die finale telling was 13-10 in die guns van Anker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button