BREKENDE NUUS: Huisbrand by Mantevrede Kleinhoewes
’n Huis in Vanderbijlpark het aan die brand geslaan terwyl die inwoners weg was.
OPDATERING 2025/07/28 – 10:13
Die brand is suksesvol geblus. Nooddienste is steeds op die toneel om toesig te hou en toe te sien dat alles veilig bly en onder beheer is.
Die eienaars het hul dank betuig aan almal wat professioneel gereageer het – almal van reaksie-eenhede, brand- en mediese dienste, tot gemeenskapslede wat betrokke geraak het.
——————————————————————————————————————————————————-
VANDERBIJLPARK – ’n Huis by 121 Mantevrede Kleinhoewes in Vanderbijlpark het Maandagoggend aan die brand geslaan terwyl die inwoners nie tuis was nie.
Volgens Vaalweekblad se verslaggewer op die toneel, Ettienne van Rensburg, was hulle besig om ’n voertuig na ’n werkswinkel te neem toe die brand ontstaan het.
Nadat hulle terugkeer het was die huis reeds aan die brand.
Plaaslike inwoners het probeer help om die brand te blus, ondanks die beperkte water. Watertenks is na die toneel gebring om bystand te verleen.
Die brandweer het in hierdie stadium nog nie op die toneel opgedaag nie.
Hierdie is ’n ontwikkelende storie.

