VEREENIGING – Die Hoërskool Overvaal het onlangs die rugbyboerpot gewen toe vyf van sy spanne as die Valke mediumskole-kampioen aangewys is. Maar dit was nie ‘n gelukskoot nie.
Dit is die eindresultaat van toewyding en bitter harde werk. Hier’s die tellings van die onderskeie eindstryde: o14: Overvaal 33, Gimnasium 0. o15: Overvaal 17, Elspark 0. o16: Overvaal 26, Elspark 15. Tweede span: Overvaal 30, Delmas 21. Eerste span: Overvaal 27, Delmas 22.
Die HS Overvaal se eerste rugbyspan nadat hy as die Valke se mediumskole-kampioen gekroon is.So lyk ‘n kampioenspan. Die HS Overvaal se o14-rugbyspan is onlangs by die HS Hans Moore as die Valke mediumskole-kampioen gekroon.Die o15-rugbyspan van die HS Overvaal vier fees nadat hy die Valke-eindstryd vir mediumskole gewen het.Die o16-rugbyspan van die HS Overvaal staan trots vir ‘n foto nadat hulle die Valketitel vir mediumskole gewen het.Die tweede rugbyspan van die HS Overvaal in Vereeniging het rede om te glimlag nadat hy as die Valke-kampioen gekroon is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za