*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (25 Julie – 31 Julie) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.
’n Jong vrou van Meyerton, Anastacia Marais (22), voer ’n dapper stryd teen akute myeloïede leukemie, ’n aggressiewe vorm van bloedkanker.
Sy is op 19 met die siekte gediagnoseer en het ná maande se behandeling in 2023 haar eerste remissie bereik.
Die kanker het verlede jaar weer opgevlam.
Ná nog ’n uitmergelende behandelingsfase het sy aan die einde van 2024 weer remissie bereik.

Haar dokters waarsku dat die kans op ’n derde terugslag groot is en dat haar oorlewingskanse dan baie laag sal wees.
’n Beenmurgoorplanting is nou haar enigste kans op herstel.
“Die openbare hospitale in SuidAfrika kan nie help nie, omdat die prosedure te duur en kompleks is.”

Die internasionale organisasie DKMS het aangebied om die helfte van die koste te dek.
Die oorplanting sal by ’n privaat hospitaal in Pretoria plaasvind, met die regte toerusting en spesialiste.
’n Geskikte skenker is reeds gevind en alles is gereed, behalwe die fondse.
“Ek vra met ’n oop hart, lees my storie, deel dit, en help my asseblief waar jy kan.” “Elke donasie, elke vriendelike woord, elke deel bring my een tree nader aan lewe.”
Anastacia sê sy veg nie net vir haarself nie, maar vir ’n toekoms.
“Ek wil lewe om al die dinge te doen waarvan ’n 22-jarige droom.”
Besoek Anastacia se Back a Buddy-blad hier:

