News

Knights oorrompel VUT met 77-0 sege

Die Knights het geen genade getoon nie – en VUT met ’n 77-0 slagting van die veld gevee.

VANDERBIJLPARK – Die Meyerton Knights se eerstespan het verlede naweek hul indrukwekkende onoorwonne rekord in vanjaar se Valke Rugby Merlin Liga voortgesit met ’n oortuigende 77-0 oorwinning teen die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) op Saterdag, 2 Augustus.

Hoewel die wedstryd nie by hul tuisveld, die Meyerton Sports Club, plaasgevind het nie, het die Isak Steyl Stadion in Vanderbijlpark – steeds binne die Vaaldriehoek – soos ’n tuiswedstryd gevoel, veral na al die wegwedstryde wat oor die afgelope paar weke gespeel is.

Jan, Jan, Jan die man van staal: Dit vat meer as een speler om die Knights se Jan Labuschagne plat te trek – soos verdedigers van die VUT Saterdag geleer het. Foto: Christiaan Cloete

Die Knights het hul stempel afgedruk met ’n oorheersende vertoning wat die studente geen ruimte gegee het nie.

Met dié oorwinning bly die Knights bo-aan die punteleer in die 2025 Valke Rugby Merlin Liga, en hul onoorwonne status bly ongeskonde.

Divan van Wyk bars oor die VUT se doellyn vir ‘n opportunistiese pragdrie. Foto: Christiaan Cloete

Die tweedespan het ook hul wedstryd gemaklik gewen met 39-5 en behou daarmee hul plek aan die spits van die liga.

Beide spanne wys deurgaans hul karakter, vaardigheid en samehorigheid – ’n bewys van goeie afrigting en spanbestuur.

Spelers van die VUT probeer om vir Grant Roodt van die Meyerton Knights grond toe te bring. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button