News

Plaaslike apteker neem stil afskeid ná dekades van diens

Na byna vyf dekades se diens groet André van Rooyen die aptekerswese vir goed.

MEYERTON – Donderdagoggend het Van der Walt Apteek in stilte afskeid geneem van een van sy mees gerespekteerde en geliefde personeellede.

Apteker André van Rooyen het na ‘n loopbaan van meer as vier dekades amptelik uitgetree.

Van Rooyen is ‘n bekende en gerespekteerde figuur in die gemeenskap.

Hy het in 1970 gematrikuleer aan Hoërskool Dr. Malan, waar hy hoofseun was.

In 1973 het hy aan die destydse Potchefstroom Universiteit ingeskryf as farmasiestudent en sy BScgraad in 1975 verwerf.

Na gemeenskapsdiens in 1976 en twee jaar militêre diensplig as offisier in die mediese bataljon van die SA Weermag, het hy in 1980 bestuurder van Meyerton Apteek geword.

In 1981 het hy die apteek gekoop en vir 14 jaar lank die gemeenskap gedien.

Ná die samesmelting van Meyerton Apteek en Van der Walt Apteek in 1996, het hy as vennoot en later as senior apteker tot 2025 aangebly.

Sy loopbaan strek oor byna vyf dekades van toegewyde diens aan generasies inwoners.

Hoewel Van Rooyen ’n privaat man is wat min oor homself praat, beskryf kollegas hom as iemand met buitengewone kennis en diepe deernis.

“Hy het soveel kinders gespuit, raad gegee en altyd met kalmte gehelp,” sê ’n bron.

“Hy is werklik geliefd.”

Die media is nie by die afskeidsgeleentheid toegelaat nie, in ooreenstemming met Van Rooyen se teruggetrokke aard.

Met sy aftrede laat hy ’n nalatenskap van professionele integriteit en gemeenskapsdiens agter — een wat in die harte van Meyerton se mense bly voortleef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button