News

Skok en rou ná leerkrag se skielike afsterwe

Skole en oud-leerlinge deel hul hartseer ná die skielike dood van ’n geliefde leerkrag.

MEYERTON – Die onderwysgemeenskap van die Vaaldriehoek is in rou ná die skielike afsterwe van mnr. André Plotz (44), ’n geliefde onderwyser by Destinata Skool.

Plotz is Woensdagaand (13 Augstus), volgens inligting wat bekend is, aan ’n hartaanval oorlede.

 

Sedert die nuus bekend geword het, het boodskappe van medelye op sosiale media ingestroom.

 

Destinata Skool het in ’n verklaring gesê:
“Dit is met ’n seer hart wat ons moet meedeel dat mnr. André Plotz, gisteraand aan ’n hartaanval oorlede is. Ons hele Dessi-gemeenskap is in rou. Hy was ’n besondere mens met ’n sagte hart, geliefd deur kollegas en leerders, en het diep spore in almal van ons se harte gelos. Ons harte is seer en ons gaan hom bitterlik mis. Sy familie is ons gebede in hierdie moeilike tyd.”

 

Hoërskool Dr. Malan, waar Plotz se dogter Mia in Graad 9 is, het ook hulde gebring:
“Innige meegevoel. Dokkie betuig ons innige meegevoel en simpatie aan Destinata, met die afsterwe van mnr. André Plotz. Mag God julle in hierdie tyd onderskraag en omvou met Sy liefdevolle troos. Ons hou julle as skool, sy familie, en in besonder Mia, in ons gebede en gedagtes.”

 

Laerskool Risiville het op hul beurt geskryf:
“Rus in vrede, André Plotz. Ons innige meegevoel aan die Plotz-familie en Destinata-gemeenskap in hierdie moeilike tyd. Mag julle krag en troos vind in die liefde van mekaar en die ondersteuning van die gemeenskap rondom julle.”

 

Laerskool Voorwaarts skryf:
“Namens Laerskool Voorwaarts dink ons aan julle in hierdie moeilike tyd. Mag julle krag, vertroosting en vrede vind. Sterkte aan die familie en vriende van André Plotz – ons harte en gedagtes is met julle.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button