Woning in Drummondstraat deur brand verwoes
‘n Gesin se huis is in ‘n brand verwoes, maar gelukkig het niemand seer gekry nie.
VANDERBIJLPARK – ’n Gesin se huis in Drummondstraat, Vanderbijlpark, is Donderdagmiddag (21 Augustus) in ’n brand vernietig.
Volgens Sekuriteit Sonder Grense het die voorval omstreeks 12:30 op ’n gemeenskapsgroep deurgekom, waarna hulle vinnig gereageer het.
Verskeie nood- en gemeenskapsdienste het gehelp om die vuur te blus, insluitend die Emfuleni-brandweer, ER24, Vaalrivier-unie (VRU) en sy First Responder-eenheid, AfriForum Vanderbijlpark en Black Hawk Tactical.
Hoewel die binnekant van die huis geheel en al uitgebrand het, is dit bevestig dat niemand in die brand beseer is nie.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend en ondersoeke duur voort.
