News

Wees die lig in nooddienswerker se gesin se donker uur

Sy wat ander se lewens red, het nou jou hulp nodig om haar eie pa s’n te red.

MEYERTON – Sy is een van daai mense na wie mens uitreik in tye van nood. Joe Hoy, ’n toegewyde paramedikus, het gedurende haar loopbaan as nooddiensbeampte al mense in hul donkerste oomblikke bygestaan — van tieners wat selfmoord probeer pleeg het, ongelukslagoffers met bloed oor hul klere, en selfs ’n bejaarde vrou wat skielik siek en onmiddellik mediese hulp benodig het.

Vrywillige nooddienswerker en vriend, Pierre Wheeler, vertel hoe Joe rotsvas gebly het te midde van tragedie.

“Ek het haar ontmoet by ’n toneel waar ’n Longsiekte (COPD) enkelma se tienerseun selfmoord probeer pleeg het. Sy het nie net die pasiënt behandel en na die hospitaal geneem nie, maar ook moed ingepraat. Later het ek haar raakgeloop by ’n ongelukstoneel waar ’n voertuig van ’n brug af geval het — sy het geveg vir die pasiënt se lewe terwyl sy nog bloed op haar klere gehad het. Sy was daar vir my en moontlik vir jou geliefdes. Nou is dit ons beurt om daar vir haar familie te wees,” sê Pierre.

@diestorie

Al deel jy net die video en dit kom by ander uit wat in staat is om te help – dra jy by. Elke bietjie help.

♬ Sad Scene BGM Piano Instrument(313618) – HomeMadeGarbage

Vandag staar Joe se pa, Dave Hoy (62), ’n bitter stryd om gesondheid in die gesig.

Die hardwerkende boukontrakteur en toegewyde oupa is onlangs met Chroniese Obstruktiewe gediagnoseer. ’n CT-skandering het ’n byna 7 cm-nodus op sy long gewys. Dokters weet nog nie of dit kanker, TB of ’n ernstige infeksie is nie, maar ’n dringende biopsie is nodig — ’n prosedure wat die gesin nie alleen kan bekostig nie.

Dave se grootste wens is eenvoudig: om gesond genoeg te wees om sy kleindogter se eerste verjaardag in November by te woon en weer werk toe te kan gaan.

Die Hoy-gesin het R50 000 nodig om hospitalisasie, spesialisfooie, skanderings en medikasie te dek.

Elke bydrae bring hulle nader aan hoop en gee ’n man wat altyd gegee het, ’n kans om weer te leef.

Klik hier vir die skakel na die BackaBuddy fondsinsamelingsgroep.

Dave Hoy (62) saam met sy kleindogter wat in November een jaar oud word. Sy grootste wens is om gesond genoeg te wees om haar eerste verjaardag te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button