NewsSport

Plaaslike landlopers laat wiel

Atlete laat waai by die wegspringspunt

VEREENIGING – Die plaaslike landloop-seisoen het vroeer vandeesmaand by Phoenix High School vir meeste atlete tot ‘n einde gekom.
Die beste landlopers van D7 en D8 het mekaar op Phoenix se tegniese baan die stryd aangesê.

Nina Pretorius van die Laerskool DF Malherbe gee hoe, afgemete tree tydens die byeenkoms.

Die baan het lekker kinkels en draaie asook uitdagende opdraendes en afdraendes ingesluit om die atlete se vernuf en stamina te toets.
Diegene wat podiumplekke behaal het, sal deurdring tot die Gauteng Kampioenskap.

Die span vir die Gauteng kampioenskap is nog nie aan die media bekendgemaak nie.

Francois Erasmus van LS Vryheidsmonument in aksie.
Mhieke Nolte van Laerskool Vryheidsmonument laat wiel by ‘n afdraende af.
Lehan van der Westhuizen (regs) van die Laerskool Kollepark in Vanderbijlpark gee ‘n atleet van Laerskool Republiek opdraende tydens die byeenkoms.
Die HS-manne van Driehoek en Transvalia spring weg met mening.
Kai Clifton-Smith van LS Emfulenipark wys sy staal tydens die byeenkoms.
Wegspring-aksie! Bella Meyer van die HS Transvalia spring met mening weg tydens die byeenkoms. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button